What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is die Held van jou storie!

Jeremia 29:11

Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.

Wanneer jy ’n fliek kyk, het sommige mense ’n goeie gevoel oor wat gaan gebeur, maar weet nie presies wat volgende gaan gebeur nie. Van een ding is almal wel seker, dit gaan op ’n goeie noot eindig. Dit hang net af van watter bril jy opgesit het en hoe jy daarna kyk.

God is die skrywer van ons lewe. Hy weet wat volgende gaan gebeur. Ongelukkig maak ons verkeerde keuses en dan spring die duiwel in en voeg ’n paar bad guys hier en daar in ons lewe in. God het nie daardie paadjie vir jou beplan nie, maar so goed soos ons God is, maak Hy die beste van die saak.

Dit is moeilik om hoop te hê wanneer dit lyk asof die bad guys gaan wen, maar ons moet onthou dat ons Held baie sterker as enige bad guy is.

God is die Held van jou storie!

Gebed: Baie dankie Jesus, dat U in beheer is van ons toekoms en dat U sterker as enige probleem is. Dankie dat ons op U kan vertrou en weet dat U die beste vir ons in gedagte het. Amen.

Uitdaging: Check die liedjie wat by vandag se Padkos pas: https://www.youtube.com/watch?v=n_aVFVveJNs.