What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is die bron van alle goeie dinge

1 Johannes 1:5

5Jesus het vir ons belangrike dinge kom sê. Ons het mooi na Hom geluister. Wat Hy vir ons gesê het, vertel ons nou weer vir julle. God kan vergelyk word met die lig wat skyn. Soos die lig die duisternis verdryf, so verdryf die teenwoordigheid van God die Bose heeltemal.

Ek hoop nie enige een van julle het al ooit in die son probeer kyk nie – ek hoef seker nie te verduidelik hoekom nie. Die son is mal warm en skyn so helder dat dit selfs van die vêrste planete tref. Net so is geen donker plek vir God onbereikbaar nie.

Het julle al ooit daaraan gedink dat die son nie ‘n skaduwee het nie? Alles anders wat ons met ons oë kan sien, kan ‘n skaduwee vorm, maar nie die son nie, want die son is die bron van lig wat al die skaduwees maak. Net so is God die bron van alles wat goed is.

En omdat God Sy goedheid na ons toe bring, kan ons nie wegkruip en ons sonde van Hom wegsteek nie. Maar dis goed, want God wil nie hê ons moet vasklou aan ons donkerste dele nie. Hy wil dit in die lig bring en ons help om meer soos Sy seun Jesus te word.

God is die bron van alle goeie dinge!

Gebed: Dankie Here, dat U die donkerte in my lewe oorweldig met U lig. Dankie dat U lig sterk genoeg is om lig en lewe te bring waar ek sukkel om ‘n goeie uitweg te sien … Amen.

Uitdaging: Dink oor die volgende – is daar iets wat jy van God probeer wegsteek? God weet al lankal daarvan. Gaan op ‘n soektog om te sien wat God se Woord van jou donkerte sê.