What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is aan jou kant!

Romeine 8:31

God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?

Hoe lyk jou social ratings? Kry jy min likes of baie likes? By watter groepe by jou skool is jy welkom? Het jy al enige planne beraam om hierdie jaar jou ratings ‘n bietjie op te stoot? Aangesien hierdie tipe dinge hoe ons oor onsself dink en voel beïnvloed, kan dit vir ons baie belangrik word.

Weet jy dat God aan jou kant is? Hy steur Hom nie aan hoe die wonderlikste influencers van die dag voel nie. Hy plaas jou in ‘n heel ander kategorie – vry van enige ratings, amper in ‘n tipe van ‘n unrated kategorie. Want wanneer Hy jou aanvaar en hoog ag, is al die ander ratings eintlik onbelangrik. Amper iets soos gold membership van die “baie-besonderse-spesiale-en-uitstaande-mense-klub”.

Moenie toelaat dat enige iemand jou ooit laat voel jy is nie goed genoeg nie. Eintlik is geen mens op aarde op hulle eie goed genoeg nie. Maar omdat God (al Een wat geen foute het nie) jou so liefhet en kies om in jou te kom woon, maak dit jou uiters waardevol. Hy spreek jou vry van alles in jou lewe waaraan jy tekort kom.

Moenie jou te veel steur aan ratings van mense wat ook maar foute het nie.

God is aan jou kant!

Gebed: Vader, dit is vir my so belangrik om deur ander mense aanvaar te word. Soms wil ek bid “maak my meer aanvaarbaar”. Help my om te glo en te verstaan dat U aanvaarding werklik meer belangrik is as mense met foute s’n. … Amen.

Uitdaging: Probeer vir ‘n dag of twee ‘n “media-vas”. Bly dan weg van alle vorme van sosiale media. Elke keer wanneer jy lus kry om op sosiale media te gaan, sê vir jouself: “God is aan my kant!”