What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God het klaar die toekoms gesien en Hy cover jou!

Matteus 6:33

…los môre se probleme virdie dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!

Ons as mense houtog so baie daarvan om die “What if?” game te speel. Ons hou daarvan om elke klein besluit wat ons maak so erg te oor-analiseer dat ons amper ‘n hele nuwe storie opmaak in ons kop wat nooit eers ‘n kans staan om te gebeur nie.

Al wat dit op die ou einde aan ons doen, is dat dit ons laat stress. Dan mors ons ook onnodige energie om oplossings te vind vir probleme wat dalk nog nie eers bestaan nie. Ag nee wat! Dit klink vir my na die teenoorgestelde van joy.

Die goeie ding is dat God klaar gesien het wat gaan met jou gebeur en Hy cover jou. Imagine ons het elke dag net gefokus op God en hoe ons Hom in die hier en nou kan aanbid? Ek dink ons sou baie meer voorbereid wees vir wat nog kom, want ons gaan God se hand so styf vasgedruk hê dat ons nie platgeslaan word deur die curveballs wat nog kom nie.

God het klaar die toekoms gesien en Hy cover jou!

Gebed: Dankie dat U my vashou. Ek wil nie elke sekonde van elke dag sit en worry oor wat môre gaan gebeur nie. Help my om op te hou worry sodat ek voluit vir U kan leef. … Amen.

Uitdaging: Dink aan die laaste keer wat jy ge-worry het oor iets wat nooit eers gebeur het nie. As jy voel jy begin stress oor ‘n situasie wat nog nie eers gebeur het nie, skakel jou weghardloop gedagtes af en connect met God deur gebed.