What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God het jou so lief, Hy sal jou vind al speel jy met Hom wegkruipertjie

Psalm 27:9

Moet tog nie maak of U my nie hoor nie. Moenie my wegjaag omdat U vir my kwaad is nie. U het my in die verlede gehelp. Stoot my nie weg van U af nie. Los my nie alleen nie. U is die God wat my red.

Ek dink baie van ons, wanneer ons bid, is so versigtig om presies die regte woorde aan God te sĂȘ. Dis asof ons dink Hy weet nie regtig wat onder die oppervlak besig is om te borrel nie. Dis asof ons probeer om van God af weg te kruip.

Onthou jy wat in die tuin van Eden gebeur het toe Adam en Eva met God probeer wegkruipertjie speel het? Toe hulle gesondig het, het hulle van God probeer wegkruip. Maar God het reeds geweet wat hulle gedoen het. Ten spyte daarvan het hulle steeds gekies om weg te kruip. Eers later, toe hulle uit die bosse uitkom en eerlik was met God, kon God vir hulle hoop gee vir die pad vorentoe.

As jy wegkruipertjie speel met God, sal Hy jou vind. Toe Dawid Psalm 27 geskryf het, het hy geweet dat hy iets verkeerd gedoen het, maar hy het ook by God gepleit om by hom te bly. Hy was baie eerlik met God, en weet jy wat? Ons moet ook eerlik wees met God. Ons moenie bang wees vir Hom wanneer ons iets verkeerd aangevang het nie.

God het jou so lief, Hy sal jou vind al speel jy met Hom wegkruipertjie.

Gebed: Here God, help my asseblief om meer eerlik met U te wees, net soos Dawid. Ek weet U sal my vind al probeer ek wegkruip. Bly asseblief by my. … Amen.

Uitdaging: Dink aan een keer wat jy probeer het om weg te kruip van God en Hy jou in elk geval gevind het. Wat het jy geleer uit daardie ervaring? Deel die storie met ‘n vriend.