What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God het jou gemaak wat jy is!

Efesiërs 2:10

Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef soos Hy lankal besluit het ons moet leef.

Het jy al ooit na jouself gekyk in ‘n spieël en gewens jy kon net iets verander? Ons voel dikwels dat wie ons is, nie genoeg is nie – en soms dra ander mense by tot hierdie gevoel. Maar dit kan nie verder van die waarheid wees nie.

Jy is spesiaal. Jy is uniek. En God het jou só geskep vir ‘n rede. Ons is geskep om goeie dinge te doen. Dink net daaroor vir ‘n oomblik. Is dit nie cool dat ons ontwerp is om goeie dinge te doen nie? Toe ons kinders van God geword het, het die goedheid van God ons heeltemal verander.

Kom ons hou op om te worry oor al die dinge wat ons nie kan verander nie en kom ons fokus eerder op al die wonderlike dinge wat God vir ons beplan het waarop ons nie moet uitmis nie. God se doel vir jou is om die wêreld beter te maak en om ‘n helder lig te wees wat mense aan Hom sal herinner.

God het jou gemaak wat jy is!

Gebed: Vader God, U het my so spesiaal gemaak. Elke deel van my is op ‘n ingewikkelde manier deur U ontwerp. U is ‘n liefdevolle Skepper en ek bid dat U my sal help om daardie liefde te wys deur die goeie dinge waarvoor ek geskep is, te doen. Amen.

Uitdaging: Watter drome is daar wat God in jou hart geplant het? Watter verskonings het jy gemaak om jou van hulle te diskwalifiseer? Dink aan wat jy kan doen om jou negatiwiteit te oorkom.