What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God gee om oor jou toekoms

Matteus 6:26

Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel.

Het jy al ooit ‘n advertensie gesien of gehoor wat mense probeer oorreed om geld te spaar vir die toekoms? Of om seker te maak dat jy ‘n backupplan het vir die toekoms? Dis iets wat baie mense vir ons dag in en dag uit sê: “Beplan vir die toekoms!”. Deur die jare het ons nog altyd dinge wou opberg sodat ons ‘n beskermingsnet kan hê.

Nou dis een ding om te spaar vir iets wat ons weet ons lewens sal verbeter, maar dit is ‘n ander ding om altesaam dinge op te gaar omdat ons glo dat dit ons werklike veiligheid gee.

Jesus se woorde is vir die mense wat bekommer dat as hulle niks geld of dinge opgaar nie, hulle slegter af is in die lewe. Jesus vertel ons dat ons vir God meer werd is as die voëls in die lug (God versorg die voëls en hulle gaar nie dinge op nie). Het ons die tipe geloof om te vertrou dat God vir ons meer sal sorg as wat ons vir onsself kan sorg deur geld en ander goed op te berg?

God gee om oor jou toekoms.

Gebed: Liewe God, dankie dat U so baie vir my omgee dat U uitkyk na my toekoms. Wees asseblief my sekuriteit voordat ek na ander dinge draai om my veilig en gelukkig te hou… Amen.

Uitdaging: Het jy geweet dat jy altyd welkom is om gebedsversoeke op ons WhatsApp-lyn te stuur? Ons het ‘n span wat vir jou sal bid en na jou toe terugkom.