What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God is by jou!

Jeremia 17:7-8

Dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms. Hulle is soos bome wat langs ’n rivier staan. Hulle wortels gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig ’n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra.

Dit gaan nie altyd maklik daar buite in die wêreld nie. Almal druk. Ouers druk. Onnies druk. Sport druk. Eksamens druk. Pêlle druk. Flip, tot die mode druk jou. Almal wil hê jy moet wees soos hulle.

Dit druk só daar buite dat jou oë traan. Dis in sulke tye wanneer sommige dit net nie kan hou nie en dan besluit om uit te check.

Dis verskriklik, maar ongelukkig so waar.

Dis sulke tyd wat ’n mens wonder waar jy kan gaan rustig wees. Waar kan ’n mens gaan hulp kry? En eintlik is daar net een antwoord: By God. By God kan ’n mens net jouself wees. Hy sal jou nie druk om te wees en te doen wat jy nie is nie. Dis nie Sy styl nie.

Picture die groot boom by die helder stroom. Ja, soms waai die winde woes en probeer hom omwaai. Soms is die stroompie vir maande droog, maar hy staan mooi met sy groen blare. Sy wortels gaan diep in die aarde af, waar God nog steeds met sy lewegewende water sorg.

Hou aan God vas. Sit gedurig by Hom. Hy sal jou hand vashou en jou deur die uitdaging sleep.

God is by jou!

Gebed: Here, ek het U nou so nodig. Op my eie kan ek dit nie maak nie. Hou my vas. Lei my en stap orals saam met my. … Amen.

Uitdaging: Maak ’n tydjie vandag om op ’n stil plekkie te gaan sit en net jou hart voor God uit te stort.