What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God aanvaar jou ten spyte van jou swakhede!

2 Korintiërs 12:9

Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”

Sou ons lewens nie net soveel beter wees as ons die swak dele van ons kon fix nie? Deesdae is die wetenskaplikes besig om te werk aan maniere om selfs ons DNA te verander. Dit sal glo help om oorerflike siektes te vernietig, maar ook eienskappe van ons liggame te verander. Maar is dit reg?

As dit maar net so maklik was om die dinge te verander waarvan ons nie hou nie. Paulus gee vir ons raad in die teks hier bo. Hy troos ons eintlik deur te sê dat ons nie in alles hoef uit te blink nie, want die Here vul ons op allerhande maniere aan as ons op Hom vertrou.

God hou daarvan as ons op Hom vertrou om ons swakhede aan te vul. Ek het nog my hele lewe ‘n sagte plek vir mense met Downsindroom. Hulle mag dalk sukkel met leer en spraak en ingewikkelde bewegings, maar ek het nog nooit meer liefde ervaar as by mense met Downsindroom nie.

Die ding is, God werk met ons selfs in ons swakhede. Hy kan ons sterk maak om te wys hoe amazing Hy is en ons te verseker dat Hy daar is vir ons!

God aanvaar jou ten spyte van jou swakhede!

Gebed: Here God, soms voel ek so swak en kry skaam oor die dinge waarin ek nie goed is nie. Help my om op U te fokus sodat U krag sal sigbaar word wanneer ek swak en hulpeloos is. U goedheid is genoeg vir my. Amen.

Uitdaging: Kyk na die mense in jou skool/buurt wat gespot word oor sekere ‘swakhede’ waaraan hulle niks kan doen nie. Wees jy die een om met hulle vriende te maak en hulle te herinner dat God hulle amazing gemaak het.