What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Genade is vir messy mense

Lukas 23:40-42

40Die ander een het hom egter bestraf en gesê: “Het jy óók nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan! 41Ons het dit terdeë verdien, want ons verdien die straf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42Hy het verder gesê: “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom.

Net voordat Jesus uiteindelik sy laaste asem blaas, gooi een misdadiger aan die kruis langs hom beledigings, terwyl ʼn ander een vir Jesus herken as onskuldig. Imagine net gou hoe crazy dit is, ʼn misdadiger wat iets erg genoeg gedoen het om deur mense gestraf te word met die dood, vra vir Jesus vir ewige lewe? Is dit ooit fair?

Dis altyd makliker om ander mense te judge – het jy al ooit iemand vir iemand anders sleg gesê, maar dink dis okay as jy dieselfde ding doen? Ons is altyd geneig om meer genade vir onsself te wil hê as vir ander… Tog wys Jesus genade en liefde aan iemand wat dit nie verdien het nie.

In die prentjie sien ons dat Jesus se genade aan almal beskikbaar is, tog een ding wat die misdadiger reg kry is om sy eie foute raak te sien, maar nog steeds te weet dat dit nie vir God kan stop nie. God se genade is vir jou ook beskikbaar, maar dit beteken ook ons moet dalk ons eie tekortkominge raaksien, voor ons ander blameer.

Genade is vir messy mense.

Gebed: Here, help my om raak te sien dat U my genade gegee het. Dankie dat U my genade bewys in Jesus al het ek niks gedoen om dit vanself te verdien nie.

Uitdaging: Lees die hele storie van die misdadigers en Jesus sodat jy ʼn mooier prentjie kan kry van die genade wat Jesus hier bied (Lukas 23:35-43)