What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Geloof in aksie

Jakobus 2:20: “Ai, hoe onnosel is die persoon wat nie wil besef dat geloof in God sonder dat daar ook vir Hom geleef word, nutteloos is nie.”

Baie mense sê hulle glo in God en hulle glo selfs dat Jesus aan ‘n kruis vir die sondes van die wêreld betaal het. Maar hulle glo nie genoeg om hulle lewe aan Hom toe te vertrou en agter Hom aan te stap nie.

‘n Christen se lewe moet spreek deur sy dade, daarom moet jy met jou lewe bewys dat jy regtig in Jesus glo. Wanneer probleme oor jou pad kom, hoef jy hulle nie alleen te hanteer nie. Jesus wil graag hê dat jy Hom sal aanroep en Hom vra om jou deur jou moeilike situasies te help. Maar jy moet bereid wees om te doen wat Hy in Sy Woord sê, bv. As daar staan dat jy jou nie moet bekommer nie, moet jy gehoorsaam wees en jou probleme met God deel en bereid wees om rustig te raak in Sy teenwoordigheid. En ophou om bekommerd te wees. Dit is geloof in aksie!

As Sy Woord jou lei om nie met ligsinnige mense wat nie belangstel in ‘n verhouding met die Here nie, vriende te maak nie, moet jy vra dat Jesus jou na nuwe vriende lei. Hy sal jou leer om te doen wat Hy sê, want wat help dit as jy sê dat jy in Jesus glo, maar jy luister nie na Hom nie en jy doen nie wat Hy sê nie. Jou dade moet ‘n bewys wees dat jy agter Jesus aanstap.

Uitdaging: Sit vandag jou geloof in aksie en maak die regte keuses volgens Jesus se wil vir jou lewe.

Gebed: Here, help my om my geloof in aksie te sit. U Woord leer my hoe ek dit moet doen. Ek wil graag daaraan gehoorsaam wees. Amen.