What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Gedeelde leed is halwe leed

Jesaja 41:10: “Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God! Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met My krag beskerm.”

In vandag se gejaagde lewe is dit baie maklik om die pad byster te raak en as gevolg daarvan depressief te raak. Daar word so baie druk op ons geplaas. Daar word van ons verwag om altyd eerste te staan in die klas, om uit te blink op die sportveld, ons moet goed wees in alles wat ons doen en dan moet ons ook nog in wees by ons vriende. Ag, hierdie is net ‘n paar van die goed wat maak dat ons soos ‘n mislukking voel. Dan voel dit asof ons ons geliefdes teleurstel en dan ontwikkel ons ‘n slegte selfbeeld. Later dink ons net sleg van onsself en daardeur raak ons dan depressief en vang dom dinge aan…!

Maar hierdie is nie wat die Here vir Sy kinders wil hê nie. Ons is immers volgens Sy beeld geskape en ons is Sy heilige tempels. God wil hê dat ons met al ons probleme en negatiewe gedagtes na Hom toe moet kom, sodat Hy ons kan ondersteun en nuut maak! Hy wil ook hê dat ons moet uitreik na mekaar en mekaar moet liefhê en bemoedig. Hy nooi ons uit om Hom te beproef, want Hy wil ons in Sy arms toevou en ons op die regte paaie lei.

In die middel van die baie gevare en uitdagings waaraan ons op die oomblik uitgelewer is, maak God se woorde in vandag se skrifgedeelte jou eie. Omdat jy vir God by jou het, hoef jy nie langer bang te wees vir jou lewensomstandighede nie.

Daar is ‘n spreekwoord wat sê:”Gedeelde leed is halwe leed, maar gedeelde vreugde is dubbele vreugde.”

Uitdaging: As jy of een van jou vriende aan enige vorm van depressie lei, wees daar vir mekaar en nader tot God vir hulp en genesing, voordat dit dalk te laat is.

Gebed: Vader, vee asb. vandag al my negatiewe gedagtes uit en lei my op U paaie na waar daar rus en vrede is. Amen.