What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Gebed: Begin deur te praat met God

Matteus 7:7-8

7Julle moet nooit moeg word om te bid nie. Vra en God sal vir julle gee. Soek en julle sal kry. Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle kom oopmaak. 8Want elkeen wat vra, ontvang; elkeen wat soek, kry, en elkeen wat klop, tref uiteindelik ’n oop hemelse deur aan.

Vakansietyd is die tyd waarna almal uitsien. Nog ‘n skooljaar is klaar en nou kom die tyd van laat slaap, kuier, series en movies. Matrieks sien al die hele jaar uit na die hierdie vakansie, ver weg van die ouers af, onafhanklik vir ‘n week of twee en alles wat pret is. Dan die handjie vol wat nie uitsien na die vakansie nie, want jy moet werk as waiter of jou ouers help met dinge soos grassny en huis skoonmaak.

Wanneer was die laaste tyd toe jy regtig aan God gedink het in die vakansietyd? Of selfs jou Bybel ingepak het vir die vakansie? Matteus verstaan hoe moeilik dit is om God deel te maak van jou lewe, veral wanneer dinge moeilik gaan. Matteus herinner elkeen van ons dat dit so maklik is om ons verhouding met God te bou deur net te begin praat, vra en soek. Kommunikasie is die sleutel tot elke verhouding, en dit sluit ons verhouding met God in.

Dit gaan nie altyd oor hoe groot jou woorde is en of jy jou Bybel ten volle ken nie. Dit gaan net om weer tyd met God deur te bring en met Hom praat.

Gebed: Begin deur te praat met God.

Gebed: Here, ek wil graag ‘n beter verhouding met U bou, maar ek voel partykeer ek kry nie die regte woorde nie. Help my, asseblief. Ek soek so graag ‘n verhouding met U. … Amen

Uitdaging: Probeer vandag iets met God deel, al is dit net om dankie te sê vir die mooi dag.