What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Fokus op jou eie verhouding met God!

Galasiërs 6:4

Gaan kyk ’n slag goed na julle eie lewe. Wees tevrede met die goeie dinge wat God in julle lewe tot stand gebring het sonder om julle gedurig met ander gelowiges te vergelyk.

Jy’t seker gister gesien hoe een van jou vriende iets epic op Instagram gesit het. As ons lewens maar net so cool kan wees as die mense rondom ons … Ons is geneig om so te dink, maar solank as wat ons aanhou om onsself met ander te vergelyk, gaan ons altyd voel dat ons (of hulle) nie cool genoeg is nie.

God het ons elkeen uniek gemaak, daarom hoef ons nie onsself te vergelyk met ander nie. Jy’t seker al gehoor: Why are you trying to fit in if you were born to stand out? Iemand anders mag dalk kyk na wat jy doen en dink ‘As ek maar net so cool kon wees’, maar op die ou einde eindig ons op met ‘n klomp mense wat ontevrede is en mekaar afkraak.

Jy is spesiaal. God wil hê jy moet eers na jouself kyk en jou verhouding met Hom. Want op die ou einde is dit jy wat vir God eer moet bring. Jy kan nie namens ander mense aan God eer bring nie. So kom ons fokus op die manier waarop God werk in ons eie lewe en ons los die ander mense se foute uit.

Fokus op jou eie verhouding met God!

Gebed: Here, ek moet bieg dat ek myself te veel vergelyk met ander mense. Ek weet dit bring nie vir U eer nie en ek weet dit maak my op die ou einde net ongelukkig. Dankie dat ek gelukkig kan wees wanneer ek die pad met U stap. Mag my eerste fokus nie op ander wees nie, maar op myself. Amen.

Uitdaging: As ons altyd onsself vergelyk met ander is dit moeilik om bly te wees saam met mense wat gelukkig is. Kyk of jy die week kan bly wees saam met iemand oor iets wat hulle bereik het of ‘n manier wat God hulle geseën het.