What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Eer jou Vader en jou Moeder

Efesiërs 6:1-3 Vir die kinders wil ek die volgende sê: as Christene moet julle na julle ouers luister. Dit is wat God van julle vra. Die Skrif sê: “Jy moet jou pa en ma respekteer” – kyk mooi hoe gaan hierdie gebod verder, want dit is die eerste gebod waarin God iets beloof - “sodat dit goed met jou sal gaan en jy ’n lang en gelukkige lewe mag hê.” 

Dit gebeur met almal – êrens word jou ouers te oudtyds vir jou en hulle is uncool. Hulle verstaan jou nie en wil net al jou pret bederf. Jou ouers is so streng – voordat jy kan vra of jy saam met vriende mag kuier, ken jy al die “Nee” as antwoord.  

Wanneer was die laaste keer wat jy iets gedoen het wat jou ouers vir jou gevra het sonder om te sug, terug te praat of te baklei? Wanneer laas het dit gevoel of jou ouers jou verstaan? Paulus help ons om te verstaan dat al baklei ons en ons ouers en al verstaan hulle ons nie altyd nie moet jy as gelowige hulle steeds gehoorsaam, want dit is wat God van Sy kinders verwag. 

Partykeer is dit nie maklik om jou ouers te gehoorsaam nie, want jy stem nie altyd saam met hulle nie, maar om te probeer mag dalk net julle verhouding verbeter.  

Bly gehoorsaam … God sien jou raak.  

Gebed: Here, dit is baie keer moeilik om geduld met my ouers te hê en nie te stry nie. Help my om gehoorsaam teenoor hulle te wees sodat ek ook U wet kan onderhou. Amen. 

 Uitdaging: Probeer vandag om nie terug te praat as jou ouers iets vra nie.