What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Eer God in alles wat jy doen!

2 Korintiërs 4:15

Op hierdie manier kan God se goedheid by nog meer mense uitkom. Dan is daar nog meer mense om Hom te dank. So word God se Naam grootgemaak.

As ek vakansie met een woord kan beskryf is dit: Genade! Uiteindelik kan jy rus van al jou harde werk en is daar meer tyd om te doen wat vir jou lekker is.

Vir Paulus was dit die lekkerste om op ‘n manier besig te wees om God se Naam groot te maak. Alles wat hy gedoen het, het hy daaraan gemeet – hoe gaan dit vir God eer bring? Selfs al moes hy in die tronk gaan sit oor dit wat hy gedoen het, was dit die moeite werd, want hy was besig om God te eer.

Hy moes ‘n baie spesiale verhouding met God gehad het. En hy het baie goed verstaan vir watter rede hy eintlik geskep is.

Gebruik jou tyd hierdie vakansie wys. Rus lekker uit! Maar maak ook seker dat jy in alles wat jy doen nader aan God beweeg en nie verder weg nie.

Eer God in alles wat jy doen!

Gebed: Vader, dankie vir die vakansie! Ek wil graag hierdie vakansie ‘n closer verhouding met U hê. Help my waar ek swak is. … Amen.

Uitdaging: Dink aan ‘n paar maniere hoe jy God se Naam groot kan maak. Doen een daarvan vandag.