What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Eer God deur die dinge wat jy geniet!

Prediker 11:9

Jongmens, geniet daarom jou lewe en wees altyd gelukkig. Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit. Doen waarvan jy hou. Maar onthou, God sal jou nog oordeel. Jy sal aan Hom rekenskap moet gee van alles wat jy doen.

Ons hoor baie kere van alle rigtings af dat ons ons drome moet najaag. Dit klink cool, maar moet Christene nie ‘n boring lewe lei nie? Voel jy soms dat dit boring is om vir Jesus te volg? Dalk dink jy Jesus het net gekom om vir ons almal te vertel wat ons nie mag doen nie en dat Hy ons vryheid beperk.

Maar dis nie waar nie. God is nie hierdie party-pooper wat ons pret wil bederf nie. God wil juis hê dat ons in vryheid moet leef en ons talente ten volle gebruik. God wil hê ons moet ons uniekheid uitleef.

Ons word uitgedaag om te doen wat ons geniet, maar ons moet ook onthou dat God saam met ons gaan op ons avonture in die lewe. Vra jouself: Hoe kan jy jou talente ten volle gebruik om God te eer? Hoe kan jy met mense pret hê wat terselfdertyd God eer? As ons God liefhet en ‘n verhouding met God het, is dit nie so moeilik nie.

Eer God deur die dinge wat jy geniet!

Gebed: Here, dankie dat U my die vryheid gee om die lewe te geniet. Help my asseblief om die regte keuses op die pad te maak. … Amen.

Uitdaging: Is daar ‘n deel van jou wat jy wegsteek? Dalk ‘n talent of ‘n gawe? Moenie bang wees nie, maar kyk hoe jy dit kan gebruik om God te eer.