What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Doen alle dinge soos vir die Here!

Kolossense 3:17: “Laat ek saamvat: Jesus moet uit julle hele lewe straal. Of julle praat of iets anders doen, Jesus moet daarin gesien kan word. Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. En dit kan alleen so wees as julle alles doen asof Jesus elke tree saam met julle gee.” 

Ons almal kom die een of ander tyd in aanraking met moeilike mense. Daardie persoon wat met niks of niemand tevrede is nie. Hy is altyd reg en ander verkeerd. Die persoon wat op ander neersien en dink hy is beter as ander. Ai, daardie persoon wat dit vir ons so moeilik maak om hulle lief te hê. Dan moet jy net ‘n rukkie stilstaan en dink wat Jesus in so ‘n situasie sou doen. Vriendelikheid en baie omgee kan dalk daar moeilike persoon se mood verander.  

Laat toe dat die persoon vir Jesus in jou lewe aan die werk sien. Want hierdie persoon ken dalk nog nie vir Jesus nie. Of dalk het daar iets langs die pad gebeur wat die persoon diep seergemaak het en daarom bou hy of sy ‘n muur om hulle en is hierdie macho houding dalk alles net ’n masker. 

Die beste is dat jy vir hierdie persoon moet bid. God sal intree en op een of ander tyd sal hierdie persoon se houding begin verander. Onthou: Jesus is lief vir alle mense en daarom verwag Hy van ons om ons naaste lief te hê soos onsself, al is dit soms bitter moeilik. 

Gebed: Jesus, dankie dat U my liefhet. Leer my asb om altyd vriendelik te wees teenoor my naaste en om vir hulle lief te wees. Amen. 

Uitdaging: Wees vandag ekstra vriendelik met daardie moeilike persoon wat jy ken en laat hom of haar vandag ekstra spesiaal voel, sodat hulle Jesus se teenwoordigheid in jou lewe sal raaksien.