What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Dis nooit te laat om terug te keer na God nie!

Lukas 15:11-32

20“Die jongman het toe teruggegaan na sy pa se huis toe. Toe hy nog ’n hele ent van die huis af was, het sy pa hom herken. Hy was so bly dat hy dadelik na hom toe gehardloop het. Toe hy by sy seun kom, het hy hom omhels en hom gesoen van blydskap. 21“Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie. Ek verdien nie om langer Pa se seun genoem te word nie.’… 32Maar vandag vier ons fees oor jou broer, want hy was dood en nou lewe hy weer. Jou broer was weg, maar nou is hy terug in ons huis waar hy hoort.’”

Het jy geweet dat Suid-Afrika die derde grootse nasie van alkohol-misbruik is in Afrika? Alkohol misbruik kan lei tot gevaarlike gedrag en ernstige gesondheidsprobleme. Dit kan ook jou verhoudings met ander seermaak.

Hierdie teks vertel die verhaal van ʼn klein gesin wat geskei word a.g.v. roekelose ambisie en later deur kwaadgevoelens en jaloesie. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat sy rug op God draai, totdat hy geen ander rigting het om in te gaan nie. Tot sy groot verbasing word hy met ope arms terug verwelkom en daar word fees gevier! Hy het gedink dat hy van onder af sou moes begin en weer van voor af vir sy liefde moes baklei. Verrassend anders!

Hierdie verhaal herinner ons dat al maak ons soms die verkeerde besluite en dwaal baie ver van God af, is dit nooit te laat om weer terug te keer na Hom nie.

Dis nooit te laat om terug te keer na God nie!

Gebed: Here, dankie dat u altyd vir ons ʼn veilige vesting is. Dankie dat ons kan weet dat u altyd daar is vir ons!

Uitdaging: Leer ken ʼn party-animal by jou skool deur hulle te vra oor hulle storie.