What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die skewe lyne van my prent

Matteus 7:3 “Waarom is jy so haastig om foute in ander mense se lewe uit te snuffel terwyl jy blind is vir al die sondes in jou eie lewe? Waarom sien jy so gou die kleinste splintertjie in jou vriend se oog raak terwyl jy blind is vir die groot houtstomp wat in jou eie oog vassit?

Hoeveel keer het ons nie al iemand probeer reghelp en ’n fout uitgewys voordat ons na onsself gekyk het nie? Ons spring gou om te wys hoekom die persoon verkeerd is, maar verdedig en baklei dadelik wanneer ’n vinger na ons gewys word.

Wanneer ek na ’n prent van ’n vriend kyk, sien ek die hele prent raak. Ek sien hoe interessant en baie tyd daaraan bestee is. Maar wanneer ek na my eie prent kyk, sien ek die kronkelrige lyne, die verkeerde skakerings en al die ander foute raak.

Alhoewel nie een van ons prente perfek is nie, sien ek nie dadelik sy foute raak nie. Ek sien die goeie werk wat hy gedoen het. Wanneer hy vir my vra om uit te lig waar hy kan verbeter, sal ek hom help. In ’n positiewe manier sal ek hom wys om die blom ’n bietjie donkerder te maak.

Ons moet na mekaar se lewens kyk asof dit ’n prent is wat ons self skep. Ons moet op die positiewe dinge fokus van daardie persoon. Net die Here kan ons prent evalueer. Ons mag wel ons vriende help wanneer hulle ons hulp benodig.

Gebed: Ek is jammer, Here, dat ek gou is om te oordeel en vergeet dat ek ook foute maak. Ek vra dat U my asseblief sal help om eers na my eie lewe te kyk en te verander wat verkeerd is, voordat ek ander mense se foute uitwys. Amen.

Uitdaging: Maak seker jou prent is eers hoe die Here dit wil hê, voordat jy help om iemand anders se prent vir hulle in te kleur.