What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Regverdige Pappa

“Want so lief het God die wêreld gehad …” Ja, ja! Ons almal het al iewers van Johannes 3:16 gehoor. En omdat dit so ’n bekende versie is, vlieg dit sommer by die een oor in en by die ander een uit nog voor ons brein besluit om bietjie dinkwerk in te sit. ’n Bietjie konteks is eintlik nodig om hierdie vers in te kleur en die volheid daarvan beter te verstaan.

Volgens Romeine 6:23 is sonde die doodstraf werd. Dit klink verskriklik, maar ek dink nie ons het ’n idee hoe heilig God is nie. Om teen die Skepper van hemel en aarde te sondig vir net ’n oomblik se plesier, dra eintlik soveel meer gewig as wat ons ooit kan imagine. Dis hoekom die Israeliete diere moes offer om vir hulle sondes te betaal. Maar toe God sien hoe hulle sukkel om in geregtigheid voor Hom te leef, wou Hy dit vir hulle makliker maak, maar hoe? God is 100% regverdig, maar Hy is ook 100% genadig. Hoe kan Hy dit vir Sy kinders makliker maak om ’n verhouding met Hom te hê, sonder om Sy eie wet te oortree?

Die antwoord: Jesus. Die vlekkelose Lam.

God het Sy enigste seun aarde toe gestuur om bespot, gemartel en vermoor te word vir ons onthalwe. Hy het vir elke liewe sonde betaal deur aan ’n kruis te sterf — of die sonde al gedoen is of nie! Hoe cool is dit!

Te danke aan Jesus se bloed is ons verhouding met ons hemelse Vader herstel. Ons mag nou enige tyd van die dag na Hom toe gaan en skree: “Pappa!”

Uitdaging: Dit klink snaaks, maar imagine gou hoe jy vir elke ding wat jy al verkeerd gedoen R1 000 beboet word. Sien dan hoe Jesus langs jou staan en elke keer die prys betaal.

Gebed: Pappa, dankie dat Pappa lief is vir my. Dankie dat Pappa ’n verhouding met my wil hê. Dankie dat ek my diepste geheime met Pappa kan deel met die wete dat Pappa omgee. Amen.