What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die Here is nog nie klaar nie

Jeremia 29:11-12

11Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. 12Julle sal na My roep en kom bid. Ek sal na julle luister.

Wanneer ons deur moeilike tye gaan, is dit maklik om te dink dat God van ons vergeet het, of dat Hy dalk net nie meer omgee nie. Die waarheid is dat God ons nooit verlaat nie, al voel dit so. Daar is nie ʼn enkele oomblik in enige dag waar God nie by ons is nie – ons weet dalk net nie waar om te kyk nie. Hierdie vers herinner ons nie net dat God ons nooit verlaat nie, maar dat God altyd met ons lewens besig is. Hy is besig om goeie en mooi dinge in ons lewens in te bou (dalk net nie so vinnig as wat ons sou wou hê nie!). Die moeilike deel hiervan is om te vertrou dat God met ons lewens besig is, en al manier hoe ons onsself rustig kan hou in sulke tye, is met gebed.

Gebed: Here, dinge gaan nie altyd nie so goed met my soos wat ek hoop nie, en ek weet nie altyd hoe om daaroor te voel nie. Help my asb. om vas te staan in my vertroue in U, en help my asb. om daagliks uit te kyk vir maniere hoe U wys dat U my liefhet. Amen.

Uitdaging: Spandeer bietjie ekstra stiltetyd met God vandag. Skryf al die dinge neer waaroor jy bekommerd is. Skryf ook al die dinge neer wat God reeds vir jou gedoen het en waarvoor jy dankbaar is.