What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die grootste adventures maak jou geestelik ryk!

1 Timoteus 6:19

So sal hulle soveel goeie dinge doen dat hulle in die oë van God en die mense baie ryk sal wees, nie omdat hulle baie geld het nie, maar omdat hulle soveel goeie dinge gedoen het. So belê hulle eintlik in die bank van God. Dit is die beste belegging waaraan ’n mens kan dink, veral vir die toekoms. So sal die ryk gelowige ook die ware lewe by God hê.

Ek wou nog altyd Argentinië toe gaan. Daar is net iets omtrent die land wat my interesseer. Maar ek het nog nie die adventure gehad nie, want … wel dit kos baie geld. Ek word in die versoeking gestel om te dink dat die grootste avonture net kan gebeur as ek baie geld het. Maar alhoewel geld ons help om te reis, is dit nie die ding wat ons op die grootste avontuur in ons lewe sal neem nie.

Die grootste avonture gebeur in ons verhoudings met ander. As ons gebruik wat ons het en doen waarvoor ons lief is om God te eer (soos ons gister ontdek het), dan doen ons goeie dinge wat ons geestelik ryk maak. As ons geestelik ryk is, is die adventures waarop God ons stuur so opwindend!

Dalk sal ek nog eendag ‘n draai maak in Argentinië, en ek hoop God gee my nog eendag die geleentheid. Maar waar ek nou is en in my vriendekringe kan ek ‘n verskil maak en ‘n adventure hê saam met hulle wat God eer. Ek dink dis ‘n groter prys as om net ‘n nuwe plek te besoek.

Die grootste adventures maak jou geestelik ryk!

Gebed: Vader God, dankie dat U my op plekke sit waar ek ‘n impak kan hê op ander mense. Help my om my verhoudings met ander mense bo enigiets te plaas wat net tydelik is. Maak my asseblief geestelik ryk … Amen.

Uitdaging: Een van die beste maniere om geestelik ryk te word, is om Bybel te lees. Ander boeke kan ook baie help. Praat bietjie met ‘n geestelike leier of hulle ‘n boek kan aanbeveel wat jou sal help om te groei en geestelik ryk te word. Vra of jy dit kan leen (onthou net asseblief om dit weer terug te gee).