What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die groot G-woord

1 Korintiêrs 10: 13 Die versoekings wat oor julle kom, is dieselfde as wat enige ander mens teëkom. God sal julle nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans af sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het.

Groepsdruk is n baie sensitiewe topic. Dit lei amper altyd tot ‘n negatiewe en emosionele rollercoaster. Groepsdruk is iets waarmee meeste van ons amper daagliks sukkel. Dit kan nou enigiets wees van ek voel of ek nie inpas nie, my klere is nie van die duurste plekke nie, my foon is 2 en ‘n half jaar oud, my ma ry ‘n ou, geroeste rooi volla, my pa verdien nie so baie geld soos my vriendin se pa nie, my foto het nie so baie likes gekry op Instagram nie, my vriende begin drink en rook op 14 … die lysie kan aanhou en aanhou. Dit is feitlik eindeloos.

Groepsdruk is nie altyd ‘n fisiese ding wat mens “voel jy moet doen nie”. Dit kan ook jou opinie en gevoel oor jouself wees. Jou vriende kan jou die verkeerde indruk oor jouself gee. Jy dink dan jy is nie goed genoeg nie en so beïnvloed jou vriende jou om jouself as minderwaardig te sien.

Hoe sê mens nee vir ‘n wêreld wat die verkeerde dinge so aanloklik laat lyk? Hoe sê ek nee vir my beste vriende wat dink hulle is die kat se snor en wat dinge wil doen waarvoor hulle nog glad nie gereed is nie? Hoe sê ek nee vir myself om nie te val onder die aanhoudende onderliggende groepdruk wat heers in die atmosfeer nie. Hoe sê ek nee …?

Die grootse vrees wat ons as mense het is ”the fear of rejection”. En o, ons almal ken dit al te goed. Ek dink dit is een van die groot redes hoekom ons tog maar net ja sê. Net sodat ons nie moet uitgesluit word nie. Om nee te sê vir iets wat jy weet verkeerd is, is 10 teen 1 een van die moeilikste goed om te doen. Veral as AL jou vriende dit doen. God sal jou nooit los nie, al voel dit asof jy alleen is rondom 100 mense, sal God jou nie laat verdrink nie.

Uitdaging: Moenie toegee nie. Sê nee vir die goed wat jou binneste laat bewe oor die verkeerdheid daarvan.

Gebed: Here, help my om nee te sê. Help my om voor te loop al voel dit asof ek heel agter is. Dankie dat ek weet dat U saam met my is, sodat ek nooit alleen voel nie. Amen.