What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die groenoog-monster

Romeine:13:13: “Ons moet dadelik ophou met al ons sondes wat tot die donker hoort en begin leef soos mense van die dag wat God se wapens van die lig liefhet. Ons moet net doen wat God sê. Skandelike dinge soos uitspattighede en dronkpartytjies, seksuele losbandigheid en goddeloosheid, ‘n bakleiery en jaloesie is nou heeltemal ontoelaatbaar.”

Ek wil vandag met jou gesels oor die “groenoog-monster” … jaloesie! Om jaloers te wees op iemand wat meer as jy het of beter is in sekere dinge as jy, maak jou afgunstig. Dit kan veroorsaak dat jy neerslagtig en nukkerig voel.

Dis nie reg om so te voel nie, want dan maak jy ‘n deur oop vir die duiwel om jou gedagtes met verkeerde idees te vul. Hy kan dalk probeer om jou te laat glo dat dit reg is om te steel om die dinge te kan kry wat jy graag wil hê.

Ons moet ons oë ten alle tye op Jesus gefokus hou, want dan sal ons hierdie versoekings kan face en weerstaan. Die duiwel het ook vir Jesus probeer verlei, so Jesus weet watter stryd ons as jong christene stry om sterk te staan teen die duiwel se listige aanvalle.

Probeer om ten alle tye dankbaar te wees vir wie jy is en wat jy het, want dankbaarheid is ‘n teenvoeter vir jaloesie! In die plek daarvan om jaloers op iemand te wees, hou eerder jou oë gevestig op Jesus en maak ‘n punt daarvan om altyd behulpsaam en vriendelik teenoor jou medemens te wees.

Uitdaging: Wees vandag ekstra vriendelik en behulpsaam teenoor ‘n vriend op wie jy nog altyd jaloers was.

Gebed: Here, beskerm my asseblief teen die groenoog-monster en help my om altyd dankbaar te wees vir dit wat ek uit U hand ontvang het. Amen.