What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die fontein van die wêreld is ‘n gejaag na wind

Dit is seker een van die eerste ekonomiese terme wat ek geleer het in Graad 4 se EBW klas – Behoeftes en begeertes. Behoeftes is dinge wat ons nodig het en waarsonder ons nie kan klaarkom nie. Begeertes is dinge wat ons wil hê, maar waarsonder ons kan klaarkom.

Wat begeer jy? Is dit die nuutste iPhone? Die nuutste klere van Zara en Gucci? ‘n Nuwe surfboard? Begeer jy dalk meer followers op Instagram? ‘n Oorsese vakansie na Thailand of Parys? Dalk die perfekte meisie of ou? Die lys kan aanhou en aanhou. Hierdie is alles aardse begeertes. Dinge wat ons nie everlasting vrede, vreugde en geluk kan gee nie.

Galatians 5:16 So I say, walk by the Spirit, and you will not gratify the desires of the flesh.

Die Engelse Bybel sê dit vir my so mooi. As ons in God se wil loop met die Heilige Gees as ons stuurwiel, sal ons nie toegee vir aardse begeertes nie.Die enigste begeerte wat ons moet hê, is om die wil van God te doen en kinders na aan Sy hart te wees. Dit gaan ons oneindige vreugde gee.

1 Johannes 2:16 Met wêreldse dinge bedoel ek dít: dit is begeertes wat deur menslike en wêreldse belange aangeblaas word sonder om met God rekening te hou; dit is om alles wat jou oë sien vir jouself te wil hê, en dit is om heeltyd net met jouself en dit wat jy het te spog. Dié dinge kom nie van die Vader af nie. Dit borrel op uit die fontein van die wêreld. Maar onthou dit: die aardse dinge is net tydelik. Daarom is al die begeertes daarna ook maar net ’n gejaag na wind.

Uitdaging: Probeer om van jou aardse begeertes te vergeet. Dit gaan nie jou kaartjie na die Hemel vir jou gee nie. Net Jesus se bloed aan die kruis gaan.

Gebed: Here, help my om van my aardse begeertes ontslae te raak. Mag U wil my enigste begeerte wees. Ek nooi U uit om deel van my lewe te word en dat U wil en teenwoordigeid my aardse begeertes sal oorheers. Amen.