What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die challenge: Leef soos Jesus

Romeine 6:11

Julle moet net soos Jesus leef: beskou julleself as dood vir die sonde. Leef net vir God! Doen dit in die Naam van Christus Jesus.

Het jy al die akroniem WSJD gesien? Dit beteken “Wat sou Jesus doen?” Toe ek jonger was, het baie mense sulke bandjies om hulle arm gedra met daardie vier letters. Dit was ‘n manier om herinner te word dat ons soos Jesus moet leef.

Is dit vir jou maklik om soos Jesus te leef? Of dink jy soms net aan jouself? Ek is skuldig. Partykeer sal ek eerder nie iemand help nie, omdat dit my ongemaklik laat voel. Maar dis nie hoe dit moet wees nie. Ons is dood vir sonde – die dinge wat ons keer om ander mense lief te hê.

Maar Jesus gee vir ons ‘n nuwe manier om mense lief te hê! Jesus se liefde is so groot en so amazing dat dit aansteeklik is wanneer ons regtig probeer om soos Jesus te leef!

Die challenge: Leef soos Jesus

Gebed: Jesus Heer, U is so amazing. Wanneer ek dink oor hoe U mense liefgehad het, daag dit my uit. Help my om nie bang te wees om mense so lief te hê soos U nie. Amen

Uitdaging: Een manier hoe ons kan leef soos Jesus is om te lees oor wat Hy actually kom doen het op aarde. Ek dare jou: Probeer een van die Evangelies lees teen die einde van die jaar. Kies uit Matteus, Markus, Lukas of Johannes. Leer ‘n bietjie hoe Jesus geleef het.