What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Die beste Raadgewer

Johannes 14:26 Later sal my Vader vir julle julle spesiale Helper, die Heilige Gees, stuur. Hy sal namens My kom en sorg dat julle alles goed sal onthou wat Ek vir julle gesê het.

Kry jy partykeer daai gevoel dat jy nie weet wat om in ‘n situasie te sê of te doen nie? En jy kry net ‘n gevoel dat jy ‘n sekere keuse moet neem, of daai sekere ding moet sê, maar jy weet nie hoekom nie? Dit is die Heilige Gees wat in die meeste sulke gevalle met ons praat en leiding gee.

Jesus beskryf die Heilige Gees as die “Raadgewer”, met ander woorde sê Jesus dat die Heilige Gees vir ons raad gee, hoe om op te tree en te reageer. Dis belangrik dat ons daardie raad inneem en toepas, want hierdie raad is nie sommer net opgemaak vir die lekkerte nie, maar is gestuur van die Here af.

Ek het hierdie week myself in so ‘n situasie bevind waar iemand onredelik teenoor my opgetree het. Ek het eerlikwaar gevoel ek gaan explode! Maar toe kom sê die Heilige Gees vir my dat die Here wil hê dat ek vir daardie persoon, wat onregverdig teenoor my opgetree het, verskoning moet vra. Ek het eers nie verstaan hoekom nie, maar ek het die Here se opdrag uitgevoer. Na ek die Here se opdrag uitgevoer het, het die persoon dadelik uit sy eie uit vir my ook om verskoning gevra!

Meerderheid mense sou so ‘n tipe persoon afgeskryf het, of dalk hulself verdedig het. Maar die Here wil hê ons moet ons probleem uitsorteer soos Jesus dit sou doen. En dit is presies wat die Heilige Gees kom doen het. Die Gees het my kom herinner aan wat die regte manier is soos wat God dit wil hê. In die versie sê Jesus ook dat die Here die Heilige Gees sal stuur om ons wysheid te gee. Dit hang van jou af of jy daardie raad gaan neem!

Gebed: Dankie Here, dat ek kan weet U help my om die regte besluite te neem. Help my om my reaksie en optredes te beheer en te luister na U Heilige Gees se stem. Amen!

Uitdaging: As jy jouself in ‘n moeilike situasie bevind en jy weet nie hoe om op te tree nie, dink eers hoe Jesus sou reageer in daardie selfde situasie.