What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Daar is dinge wat jy kan doen om Jesus se liefde aan ander te wys! #imagine-Maandae

Matteus 14:13-21

“Gee vir hulle iets om te eet.”

Verlede week het ons gelees hoe Jesus ons nood raaksien en ons versorg. Dit is omdat Jesus ons versorg dat ons ander kan versorg. Jesus vra die dissipels om die skare te voer omdat hy kan sien dat hulle honger is – fisies en geestelik.

Dit is belangrik om te sien dat Jesus en die dissipels nie net die geestelike behoeftes van die skare versorg nie, maar Hy gee ook vir hulle kos om vir hulle liggame te sorg. Maar dis asof die dissipels nie mooi verstaan dat hulle geroep is om meer te doen as net om mense van Jesus te vertel nie. Hulle moes werklik leer hoe om te doen soos Jesus doen.

Partykeer vergeet ons ook dat ons geroep is om meer te gebruik as ons woorde – ons moet ons dade ook gebruik. Ons almal sien nood raak in ons gemeenskappe. Hoe gebruik jy jou dade om vir mense te wys dat Jesus vir hulle lief is?

Daar is dinge wat jy kan doen om Jesus se liefde aan ander te wys!

Gebed: Dankie, Here, dat U ons wys hoe om lief te hê. Help my asseblief om deur dit wat ek doen vir ander te wys hoe lief U hulle het. … Amen.

Uitdaging: Gaan deur jou kas of kamer. Is daar enigiets waarvan jy twee het, of items wat jy nie meer gebruik nie? Maak dit alles bymekaar en skenk dit aan ʼn organisasie (shelters, kinderhuise, kerke of dalk ‘n voedingsaksie).