What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

“Chicken”!

Filippense 4:8: “Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ‘n goeie lig stel.”

Vroeg Sondagoggend sing Ashley ‘n vrolike liedjie nadat sy die vorige dag etlike versoekings weerstaan het: “My God is so good, my God is so mighty, there’s nothing my God cannot do…!”

Die storie het so begin … Vroeg Saterdagoggend stap Ashley en ‘n klompie van haar vriende na die agterkant van die skool toe. Van die vriende het besluit dat hulle vandag “chicken” moet speel. Dis wanneer jy voor aankomende motors in die pad bly staan en eers op “number99” uit die aankomende motor se pad spring. 

Die vriende “dare” vir Ashley om deel te neem, maar sy hou voet by stuk dat haar lewe vir haarself en vir God te kosbaar is om deel te neem en sy weier om deel te neem. 

En sowaar, amper loop dinge skeef toe twee van die vriende te laat uit die pad spring en oor mekaar val terwyl hulle probeer padgee. Gelukkig het die bestuurder betyds rem getrap en kom hulle ongedeerd met net ‘n teregwysing van die kwaai bestuurder daarvan af. Ashley wys hulle daarop dat sy vir hulle gesê het dat hulle met gevaarlike speletjies besig is en dat sy nie ‘n “fool” is om aan sulke dinge deel te neem net om in te wees nie.

Later besluit hulle almal om by Me’Kyla se huis dvd’s te gaan kyk. Me’Kyla se ouers is nie tuis nie en die dvd wat hulle gaan kyk, bevat ‘n hoë inhoud seks en geweld. Ashley besluit dis nie vir haar nie, want sy wil nie haar gedagtes daarmee besoedel nie. Vir haar is haar verhouding met Jesus te belangrik en sy besluit om eerder haar vriende te groet en huis toe te gaan. Op pad huis toe dink sy…:” Miskien is dit tyd om uit te kyk vir ‘n nuwe vriendekring.”

Die les wat ons hieruit moet leer is, dat dit okay is om nie “cool” of in te wees nie! As jy nie gemaklik met ‘n situasie voel nie, mag jy maar opstaan vir jou beginsels en eerder wegloop daarvan.

Uitdaging: Staan vandag op teen dinge wat teen jou beginsels indruis. Dit is okay om nie “cool” te wees nie!

Gebed: Dankie Jesus, dat ek by U net myself kan wees en dat U lief is vir my net soos ek is. Amen.