What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Bekyk jouself in God se spieël

“God gee natuurlik duisend maal meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik. Nou ja, as julle dit weet, hoef julle mos nie meer bang te wees vir wat mense aan julle kan doen nie.” – Matteus 10:30-31

As jy in die spieël staan en kyk na jouself, wat sien jy? ‘n Oorgewig persoon? Dalk te veel puisies? Of ‘n perfekte persoon gemaak na God se beeld? Dis die vrae wat ons dikwels aan onsself vra. Maar hoekom moet ons altyd die negatiewe dinge op en in ons lewens raaksien? Hoekom kyk ons nie eerder na die mooi smile op ons gesigte of die vriendelike persoonlikheid binne ons nie? Dis presies wat Satan wil hê jy nié moet aan dink nie, want hy wil hê jy moet die slegte dinge in jou lewe raaksien.

God sê dus vir ons in hierdie vers dat Hy ongelooflik baie vir ons omgee, van kop tot tone! Elke liewe deel op en in jou liggaam is vir God belangrik en perfek! As ons glo dat die Here ons werklik liefhet, sal ons nie hoef te vrees oor wat mense vir ons sal sê, of wat hulle van ons sal dink nie. Hulle is nie belangriker as jy nie. Hulle is maar net ‘n doodgewone mens soos jy.

Gebed: Here, help my om nie meer bang te wees vir wat mense aan my kan doen nie. Al wat vir my belangrik moet wees, is dat U my oneindig liefhet. Amen!

Uitdaging: As iemand jou vandag sleg laat voel, dink dadelik aan hoe die Here oor jou voel en ontspan. Jy is Sy geliefde kind.