What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Behalwe deur My

Johannes 14:6

Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.

Vir een of ander rede is ek deesdae die heeltyd betrokke in gesprekke oor ’n mens se redding. Ek het agter gekom dat baie mense twyfel oor die feit dat mens só maklik vergewe kan word en toegang kan kry tot die ewige lewe. Al wat mens hoef te doen, is om te glo in Jesus en dan te vra dat Hy jou vergewe — easy peasy!

Aan die ander kant is daar weer “goeie” mense wat hel toe gaan net omdat hulle nog nooit vir Jesus as hulle Verlosser aanvaar het nie. Hoe werk dit dan? Dit klink unfair, maar die waarheid is dat niemand toegang tot die hemel kan verdien nie. Niemand is goed genoeg om hulself te red nie.

Dit was vir my moeilik om te verstaan, toe verduidelik die Heilige Gees dit so aan my:

Om God se vergifnis te aanvaar, is soos om jou hande te was. As jy nou ’n vuil hondjie gaan vryf, kleingeld tel en dan jou neus blaas, gaan jou hande mos vuil wees. Maar as jy dit dan met seep en water was, sal dit silwerskoon wees — selfs skoner as iemand wat nie eers naby daardie goed gekom het nie.

Net só kan mens nie waarlik skoon word sonder God se vergifnis nie.

Gebed: Here, dankie dat U my vergewe en my sonde van my af wegneem so vêr soos wat die ooste van die weste is. Amen.

Uitdaging: Verduidelik hierdie vergifnis aan iemand wat dit nog nie verstaan nie.