What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Begin op ‘n nuwe bladsy

Jeremia 31: 34 Dit sal nie vir hulle nodig wees om hulle bure of familie te leer en vir hulle te sê: ‘Lewe naby aan die Here dat julle Hom kan ken’ nie. Almal, klein en groot, sal reeds hierdie naby kennis van My hê,” sê die Here. “Hulle sal weet hoe Ek wil hê hulle moet lewe. En Ek sal al die slegte goed vergewe wat hulle gedoen het. Ek sal nooit eens weer dink aan die verkeerde goed wat hulle gedoen het nie.”

Baie keer doen jy iets waaroor jy baie skaam kry en dan probeer jy die mense vermy, want jy is skaam oor jou gedrag. Jy het dalk al iemand seergemaak en dan weet jy nie hoe om vir hulle om verskoning te vra nie. Elke keer wanneer jy daardie persoon sien, ontaard dit weer in ‘n rusie en word jy weer herinner aan dit wat jy verkeerd gedoen het. Jy het dalk selfs al sonde gedoen en nou weet jy nie of God jou sal vergewe nie.

Dit gebeur met almal. Ons kry so skaam oor wat ons gedoen het dat ons wil weghardloop of in ‘n gat kruip vir die res van ons lewe. Die profeet Jeremia herinner ons dat al doen jy sonde/ slegte goed vergewe God jou en wanneer Hy jou vergewe, vergeet Hy dit ook. Hy herinner jou nie kort-kort aan jou foute en dit wat jy verkeerd gedoen het nie.

Begin vandag op ‘n nuwe bladsy, want God vergewe jou.

Gebed: Here, dankie dat U my skuld vergewe al is ek ‘n swak en sondige mens. Dankie dat U my ook nie herinner aan my foute nie, maar dat U my ‘n kans gee om nuut te begin. Amen.

Uitdaging: Probeer vandag iemand vergewe wat jou seergemaak het.