What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

As jy uit-freak oor goed

Fillipense 4:6

Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie.

Ons almal freak uitoor goeters soos eksamens, vriende, geld, huiswerk ens. Die lys is oneindig lank. Ons kan baie tyd gebruik om ons oor dinge te bekommer. Maar kommer verander niks nie. Soms is bekommernisse onvermydelik. God weet ons bekommer ons en daarom gee Hy vir ons maniere waarop ons dit kan hanteer.

Hy kan vir ons sê ons moet ophou daarmee en oor onsself kom, maar steeds sê Hy ons moet met ons bekommernisse na Hom toe gaan. Ons kan met die kleinste dingetjie na God toe gaan. Hy belowe nie Hy sal dit wegneem nie, maar Hy belowe wel dat Sy vrede ons sal vul. En nie omdat alles fine gaan wees nie, maar omdat ons in plaas daarvan om alleen te sit en worry, eerder met ons probleme na Hom toe gegaan het. Dinge mag dalk nie verander nie, maar ons harte verander wanneer ons ons fokus verskuif en ons op God vertrou.

Gebed: Dankie, Here, dat ek na U toe kan kom wanneer ek uit-freak oor die kleinste ou goedjies. Dankie dat U omgee en na my bekommernisse luister. Dankie vir U vrede en dat ek op U kan vertrou in moeilike tye. Amen.

Uitdaging: Maak nie saak wat jy moet hanteer nie, deel jou bekommernisse met God. Hy wil vir jou vrede gee in alle omstandighede.