What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

As jy dink jy het nie God nodig nie gaan jy aanhou om jou kop te stamp

Jakobus 4:6

God gee ook vir ons baie meer as wat ons nodig het om so te leef, sonder dat ons dit verdien. Ek verwys weer na wat die Skrif sê: “God wil niks met die mense te doen hê wat dink hulle kan op hulle eie sonder God regkom nie. Maar vir daardie mense wat weet hulle is niks sonder God nie, is God baie, baie goed – meer as wat hulle ooit verdien.”

Ek was nog altyd iemand gewees met baie groot drome. As ek eers ‘n idee losgeslaan het, is daar min dinge wat my gaan keer om te kyk hoe ek dit kan laat realiseer. Ek check ‘n ding uit van ‘n paar hoeke en dan spring ek in aan die diep kant. Ek doen dit soms ook met die dinge waarmee ek God moet vertrou.

Ek het al soveel keer my kop gestamp, omdat ek uit my eie krag probeer om die of daai sonde uit my lewe te kry. Ek het al so baie seergekry, omdat ek net my eie kop gevolg het en die verkeerde dinge vir mense gesê het wat ek nooit kon terugtrek nie.

Ek wens ek het meer kere besef hoe nodig ek vir God het. Hy is die een wat my genade gee. Hy is die een wat saam met my wil stap en my dra deur die moeilikhede. Hy wil betrokke wees in my verhoudings met ander mense en Hy wil vir my sorg.

En weet jy wat? Noudat ek my kop so baie gestamp het, sien ek net al hoe meer dat ek Hom in alles nodig het. Dis God se genade: Hy wil alles vir ons wees wat ons nodig het.

As jy dink jy het nie God nodig nie, gaan jy aanhou om jou kop te stamp!

Gebed: Vader God, ek is jammer dat ek soveel keer dinge probeer doen uit my eie krag en dan wonder hoekom dinge so lelik skeefloop. Hoe meer ek U liefde ervaar, hoe meer sien ek dat ek U nodig het. Dankie dat ek op U kan staatmaak. Amen.

Uitdaging: Sit ‘n bietjie saam met een van jou geestelike leiers. Vra vir hulle wat genade vir hulle beteken en hoe hulle God se genade onlangs ervaar het.