What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God bou Sy koninkryk, is dit die wag werd?

Romeine 5:3-4

… die swaarkry leer ons om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting.

Onthou die laaste keer dat Kersfees om die draai was? Nie dat dit gaan oor die geskenke nie … maar daar is ‘n groot verwagting daavoor. Tog, al probeer ons nou hoe hard,  ons nie 16 Desember enigsins nader aan 25 Desember kry nie. Ons moet geduldig wees. Dit is omdat ons dié verwagting het dat die wag dikwels ‘moeilik’ is om te verdra.

As mense wat Jesus liefhet, het ons ook ‘n groot verwagting. Ons het ‘n verwagting dat God sy koninkryk op aarde sal bekend maak soos dit in die hemel is. En hoe hard ons ​​ook al probeer, kan ons nie hierdie plan van God haas nie. Die moeilikheid is dat as ons om ons kyk en sien hoe mense deur swaarkry gaan, dit die wag moeilik maak om te verduur.

Maar God is nie onbewus van hierdie dinge nie, en ons weet dat God ons nie net in hierdie moeilikhede sal verlaat nie. Dit is as gevolg van Jesus dat ons ‘n toekomstige hoop het dat God ons voorberei om goeie dinge op aarde te doen soos Hy beplan het (Lees Efesiërs 2:10). Ons kan iets van ons verwagting maak en God se roeping in ons lewens uitleef! Is dit nie so cool nie? Dit mag beteken dat ons deur die moeilikheid moet beweeg, maar hierdie probleme gee ons uiteindelik net meer hoop.

God bou Sy koninkryk, is dit die wag werd?

Gebed: God, ek is jammer dat ek gereeld jou planne wil haas. Ek weet dat U goeie dinge doen en my ook voorberei om goeie dinge te doen. Help my om met geduld langs U te laat werk, selfs wanneer ek deur moeilikhede gaan. Ek weet dat U teenwoordig is, hou my sterk.

Uitdaging: Oorweeg die volgende vraag (bespreek dit ook verkieslik met ‘n vriend): Soms vind ons dit moeilik om te sien waar God is wanneer ons slegte dinge rondom ons sien. Maar is dit dalk nie ‘n geleentheid vir ons om Jesus na te maak en God se goeie planne in ons omgewing te leef nie?