What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jesus is die perfekte voorbeeld

Johannes 13:34 Nou sê Ek dit vir julle ook. “Julle moet mekaar liefhê. Dit verwag Ek van julle. Kyk hoe lief het Ek julle. Laat dit vir julle die voorbeeld wees van hoe lief julle mekaar moet hê.

Meeste van ons het al besef dat dade ’n groter invloed as woorde op jou het. Wanneer daar een ding vir jou gesê word, maar die persoon doen die teenoorgestelde, voel jy dadelik omgekrap en jy weet die persoon is oneerlik. Aangesien sy dade harder as sy woorde praat, gaan jy nie sommer luister na wat die persoon te sê het nie en definitief nie sy voorbeeld volg nie.

Daar is net een persoon wie se voorbeeld ons in hierdie wêreld kan volg en weet dat dit die waarheid is, en dit is Jesus se voorbeeld. Daar is niemand wie se voorbeeld so perfek soos Sy voorbeeld is nie.

Wanneer Jesus vir ons sê om mekaar lief te hê soos wat Hy vir ons het, kan ons Hom glo. Sy dade spreek wyse woorde. Daar is soveel voorbeelde in die Bybel waar ons sien hoe oneindig lief God ons het. As ons net probeer om Sy voorbeeld te volg en in Sy voetspore te trap, sal ons mekaar makliker kan liefhê.

Gebed: Here, U is die perfekte voorbeeld van hoe om lief te hê. Help my om U voorbeeld te volg en my naaste lief te hê. Help my om na U te kyk en lief te hê soos U vir my liefhet. Amen.

Uitdaging: Vergewe die persoon vir wie jy kwaad is en bewys só jou liefde aan hulle.