What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier

Op pad waarheen?

In vandag se tienerlewe word ons dae oorheers deur allerhande media – foto’s, boodskappe, video’s. Mens kan verstaan hoekom dit moeilik is om by goeie, kwaliteit dinge uit te kom as alles om ons net skree om ons aandag te kry. Soms soek ons net iets om ons op ons lewe se roadtrip nader aan God te help – veral dinge wat ons help om God se stem te hoor tussendeur al die lawaai.

…wanneer ons wel iets vind wat dalk kan help dan sien ons baie die volgende:

  • Die inhoud se kwaliteit is baie laag – soms wonder ons of hulle die sites/inhoud gemaak het voor ons gebore was.
  • Die inhoud word glad nie meer opgedateer nie – wat is hierdie latest post van 2013?
  • Die tienertaal is glad nie meer gepas nie.
  • Die inhoud is glad nie gepas vir jou nie – óf dit gaan heeltemal bo jou kop verby, óf dit het niks te doen met die dinge wat in jou lewe aangaan nie.
  • Die inhoud is nie maklik om by uit te kom nie, wie het nog tyd om 15 keer te kliek en dan nog ʼn paar verstellings te maak voor dit mooi wys?

Dis hoekom ons by Roadtrip besluit het ons moet dinge anderste doen:

  • Ons inhoud is van ‘n hoë kwaliteit en ons neem nie kortpaaie met die manier wat ons dinge deurdink en uitstuur nie.
  • Ons inhoud word omtrent daagliks opdateer:
    • 5 ‘Padkos’ dagstukkies per week (Maandag tot Vrydag)
    • 3 Video’s per week (Maandag, Woensdag, Vrydag)
    • Minstens 1 topic per week (Gewoonlik op Sondae)
    • Info oor die nuutste events wat jou kan help op jou eie journey.
  • Ons verstaan dat tienertaal die heeltyd verander en dat jy iets soek wat op jou vlak praat sonder om neer te praat of te insinueer dat jy nie groot woorde kan verstaan nie.
  • Ons inhoud word ontwikkel uit die stories wat om ons gebeur – dis hoekom ons ook baie keer jou storie wil hoor, want dalk is daar ʼn paar mense wat regtig daarmee kan connect.
  • Ons inhoud is baie maklik beskikbaar – ons app en website (op die rekenaar en op jou foon) werk so vinnig soos ʼn weerligstraal en is so maklik om te gebruik soos ʼn outomatiese deur by die mall.

Roadtrip wil jou help om te connect met God se woord ongeag waar jy is. Ons verstaan dat die lewe baie draaie neem en ons hoop om op elke draai ʼn bemoedigende woord te kan gee wat direk geïnspireer word deur God se Woord en wat Hy doen in mense se lewens om ons. Jy het natuurlik beheer oor die roadtrip van jou lewe, maar ons hoop dat die padkos wat jy inpak jou nader sal bring aan Jesus.