What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier

Gebedsbediening

Ons bid vir mense wat swaarkry, omdat Jakobus 5:13 dit vir ons leer. Ons glo dat die gebed van ’n gelowige krag het omdat dit in Jakobus 5:16 so geskryf staan. Ons weet dat ons gebede beantwoord word wanneer ons volgens die wil van God vra en nie volgens ons eie selfsugtige begeertes vra nie. In Johannes 15:7 beloof Jesus: “As julle altyd naby aan My bly soos ’n takkie wat aan ’n druiwestok vasgegroei is en getrou doen wat Ek vra, is daar vir julle regtig goeie nuus. Julle kan maar in gebed vra wat julle nodig het om goeie, vrugbare takkies te wees, want julle sal dit kry.” Kruispad lesers het die geleentheid om hul gebedsversoeke aan ons te stuur sodat ons mekaar kan ondersteun en bemoedig op ons pad saam met die Here. Kruispad ontvang ongeveer 30 gebedsversoeke per dag. Die gebedsversoeke word op 2 maniere hanteer:

  • Dit word na gebedsspanne gestuur wat intree vir die spesifieke gebedsversoek.
  • Die e-pos met die gebedsversoek word ook beantwoord met ’n bemoedigende skrifgedeelte aan die leser.

As jy bereid is om deur die Here gebruik te word om ’n verskil deur die gebedsbediening te maak, is daar 2 opsies:

  • Jy kan vir gebedsversoeke intree op jou eie tyd en vir soveel as waarvoor jy kans sien. Die gebedsversoeke word dan via e-pos weekliks aan jou gestuur.
  • Jy kan help om die gebedsversoeke terug te antwoord via e-pos volgens die riglyne wat aan jou gegee sal word.

Indien jy geroep voel om betrokke te raak by die Kruispad gebedsbediening, vul asb onderstaande vorm in: